Johannes 15 v 12 – 17
12. Dit is my opdrag: julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief het.
13. Niemand het groter liefde as dit nie, dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.
14. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.
15. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
16. Julle het My nie uit gekies nie, maar ek het julle uit gekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat julle sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.
17. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.
Almal het die spreekwoord al een of ander tyd in jou lewe gebruik: Dit is nie wie jy is maar wie jy ken.
Almal besef dat vriende kan vir jou deure oop maak. Vriende is belangrik in jou lewe. In die Bybel lees ons van vriende wat mekaar bystaan en goed doen aan ander. In een gelykenis vertel Jesus van ‘n man met wie dit finansieel goed gegaan het. Hy het sy geld op ‘n wyse manier spandeur en ook ander daarmee verryk. Voorentoe kan sulke vriendskappe handig te pas kom veral as daar moeilikheid op jou pad kom. Vriende waardeur nie altyd die voordeel wat hulle uit ‘n vriendskap ontvang nie.
Elke mens het vriende nodig in sy lewe. Ons moet God lief hê met jou hele hart en jou vriende liefhê soos jou self. God moedig ons aan om goeie vriende vir mekaar te wees.
1ste stap tot goeie vriendskap is om te sien wat ‘n goeie vriend Jesus vir jou is. Hy was bereid om elke een van ons se sondes te vat op Hom self en aan die kruis te sterf vir ons sondes sodat ons ‘n nuwe kans kan kry om ‘n nuwe verhouding met God ons Vader te kan hê. Nie een van ons besef rerig waste opoffering Jesus gemaak het om vir ons sondes te sterf aan die kruis. Wie van ons het ons vriende so lief om sy eie lewe op te gee sodat ons vriende ‘n beter lewe te kan hê.
Het ons werklik wardeuring vir Jesus se vriendskap, of vat ons dit as vanselfspreekend? Hoe lojaal is jy teenoor Jesus? Verstaan jy die voordele van Jesus se vriendskap met jou? Jy het groot probelme die dag as jy ander se vriendskap bo Jesus sin ag. As jy meer tyd het vir jou vriende het en nie meer tyd het vir Jesus. Wanneer jy Sy vriendskap agter toe skuif raak dit al hoe moeiliker om versoekings en sonde te weerstaan. As Jesus nie jou nommer een vriend in jou lewe is, sal jy nie die behoefte hê om Hom tenvolle te dien en ook nie Sy woord tenvolle gehoorsaam nie. So word jy ‘n slegte en onbetroubare vriend in Jesus. Jou lewe raak mal en deur mekaar van val en op staan, jou oë dwaal kort-kort na ander liefdes van die sondige wêreld.
Maar wanneer jy volkome uit verkore lewe aan Jesus sal jy die voordele van Jesus se vriendskap op vele maniere in jou daaglikse lewe ervaar. Jou vriendskap met Jesus verander jou denke, jou geaardheid, jou mens wees, jou alles. Jou lewe weerspieel Sy liefde in jou wat almal rondom jou bevoordeel.
Die wêreld is vandag vol bose en lelike dinge omdat ons nie meer Jesus se vriendskap wardeur nie. Waar liefde is, word haat uitgedryf. Wat verwag God van my en jou? In Johannes 15 v 16 lees ons dat Jesus ons uit gekies en aan gestel het om uit te gaan en vrugte te dra. Ons opdrag is om God se liefde in hierdie wêreld te gaan uit leef. Die moet alle verhoudinge(vriendskappe) om ons beinvloed.
God verwag van ons om in hierdie harde lewe met al die pyn van geweld, hartseer en onmin nie met geweld, lelike woorde en haat te reageer nie.
Kolossense 3 v 12 – 14.
12. Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
13. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het, moet julle mekaar vergewe.
14. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.
Vriendskap is soos ‘n bankrekening, Jy kan nie die hele tyd net ontrek sonder om iets te deponeer nie. Wees ‘n vriend soos Jesus, ‘n vriend sonder grense. Mense gee dikwels nie om oor God nie, tot hul ‘n ware vriend ontdek wat tenvolle uitverkoop is aan God. ‘n Vriend wat God waarlik en opreg lief het, en God se liefde deur die vriendskap ervaar. Neem God se liefde en smee nuwe vriendskappe binne in jou werk, oor verksillende grense en verhoudinge. Verhoudinge wat mense nader aan mekaar sal bring waar hul God se liefde vir hulle sal raak sien en ervaar. Die wêreld is vol haat en geweld en dit is die gevolg dat ons die opdrag om mekaar lief te hê, ignoreer.
Elke woord wat Jesus gespreek het was betroubaar. Vriende laat mekaar nie in die steek nie. Godsdiens is nie net teorie nie, waar jy sit en Bybel studie doen en dinge neer skryf nie. Jesus vra dat ons God se liefde prakties moet gaan uit leef. Elke dag is daar iemand daar buite wat jou en my vriendskap en hulp sal wardeur. Wees vriende sonder grense. Moenie altyd net die selfde groepie mense help nie. Gaan deel God se liefde en blymoedigheid aan ander.
Ons lewens is so gejaag dat ons min tyd het om verhoudings(vriendskappe) te bou. Dit vat opoffering om verhoudings te bou. God vra vandag vir elke eenvan ons; Het jy My lief soos Ek jou lief het? Kyk jy met die oë van Jesus na almal rondom jou? Gaan jy uit na ander met die selfde gesindheid as wat Jesus na ander uit gereik het?
Vriende het ‘n baie groot invloed op mekaar, die invloed van vriende is geweldig groot. Dit laat jou besluite neem en dinge doen wat jy nie eens aan gedink het om te doen of sê. Gaan uit en leef God se liefde uit aan ander. Ware vriende verleën hulp wanneer dit in hul vermoë is, wees goed gesind teenoor mekaar. Dit is nie net met geld wat mens kan hulp verleen maar ook met ‘n oor om te luister en om raad te kan gee as die persoon ‘n probleem het of net om daar te wees vir iemand wat alleen is in nood.
Spreuke 3 v 28
28. Moenie vir iemand sê; “gaan eers terug en kom more weer, dan help ek jou, as jy nou reeds kan help nie.
Vriende se gewoontes smeer op jou af. Elke een het behoefte aan opregte vriende. Kry opregte vriende wat Jesus dien. Laat Jesus se liefde in jou afsmeer aan ander. Stel Jesus se liefde bekend aan ander. Wees bereid om uit jou gemaksone te gaan en self ‘n prys te betaal om iemand te help.
Hemelse Vader, ek glo dat jou liefde in my ‘n verskil in ander se lewens kan maak. Here blok al die bitterheid, katterigheid en krapperigheid in my, vat dit weg van my lewe want ek weet dit is nie van U afkomstig nie. Sodat ek my lewe kan leef volgens U opdrag aan ons. Maak my God ‘n betroubare vriend dat ek U liefde binne my kan afsmeer aan ander. Here ek staan skuldig voor U, vergewe my optrede. Maak my gesond van binne sodat ek die mooi aan ander kan uit deel. Here dankie vir U liefde, vrede en geluk wat U oor my lewe uit stort. Maak my oë, ore en hart oop, help my om U stem te hoor en kan gesond word. Heilige Gees van God gee my die nodige leiding en onderrig om Jesus se vriendskap vir ander te kan oordra.
In Jesus Naam.
Amen.