Psalm 121 v 1 & 2
- Ek kyk op na die berge, waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
- My hulp kom van die Here wat Hemel en Aarde gemaak het.
Een of ander tyd benodig almal van ons hulp. Waarmee worstel jy? Dinge wat in jou verlede gebeur het, as kind of as volwassene? Of dalk ‘n situasie op die oomblik wat dreig om jou onder te kry? Jy gaan na mense wat jou ken vir hulp, jou vriende bemoedig jou aan. Jy stel jou vertroue op mense en instansies. Ons mag dink dat ons die probleem op ons eie kan op los, maar een of ander tyd moet jy besef dat jy dit nie sonder die hulp van God kan reg kry nie.
Soos ‘n steeks donkie wat nie wil luister, kies jy om mense te vertrou en nie die Here nie. Jy stel almal om jou teleur, jy skuif die Kerk weg, skuif God weg want Sy tyd is nie vining genoeg nie jy soek NOU’n oplossing vir jou probleem. Dit pyn in jou binneste, jy raak geestelik dood. Niks verloop volgens jou planne. Verseker het jy net God se hulp in jou lewe nodig. Miskien het jy vandag ‘n Goddelike ingryping nodig.
Maak Jesus die hoogtepunt van jou lewe. Hou jou oë gefokus op die Here. Moenie fokus op die krisis in jou lewe. Sing ‘n loflied in jou krisis tye, wees standvastig in geloof. Versoeking kom in jou lewe wat jou geloof in die Here toets.
Psalm 11 v 1
- Ek skuil by die Here
Slaag of dop jy die toets? Vertrou jy op alles en almal rondom jou of vertrou jy op God? Moenie klein gelowig wees en in gee op die wêreldse versoekings. Die lewe is ‘n toets. ‘n Toets om te kyk of jou geloof in God standvastig is, sal hier op aarde nooit op hou nie. Mense wat nie die Here ken, hardloop rond sonder rigting. Hulle vat en los en weet nie watter kant toe nie.
Psalm 91 v 1 & 2
- Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet,
- Hy sê vir die Here: “u is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
Ons wat die Here ken, weet dat die Here ons sal help. Hy is ons Verlosser, Raadgewer, Geneesheer, Rigtingwyser, Alfa en Omega. God se hulp kom van onverwagte bronne. Baie keer stuur die Here mense op jou pad, nie om jou weg te lei maar wel om jou weer nader te bring na Hom. Jy weet nooit wat of wie God sal gebruik om verligting te bring in elke situasie in jou lewe.
Jesaja 55 v 8
- My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optredes nie soos Myne nie, sê die Here.
Ons moenie vir God probeur sê waar ons hulp vandaan moet kom. Soms wil ons, ons moeilike situasie op ander af skuif. Nee, dit is verkeerd, vertrou op God om jou te help. Vele kere uit ondervinding het ek gesien hoe God onverwagte bronne gebruik om verligting in my situasie te bring.
Die Here is jou skuilplek. Baie keer vat jy jou toevlug na mense Ons moet na die Here gaan en vir Hom sê;” Here, ek kan nie meer die stryd alleen aanpak. Hierdie krisis wat ek deur gaan gee ek oor aan U.” Dalk voel jy om te vlug. Jy sit dalk alleen en jy kan nie meer nie. Jy’t vertroue in alles en almal verloor.
Ons dink ons weet wat die beste vir ons is. Soveel keer wil jy nie verander nie, maar jy wil hê dat jou probleme op gelos word. Al werk dinge nie uit soos jy wou gehad het, sal God dinge ten goede laat uit werk. Wanneer God ons help, het Hy ons harte in Sy hande.
Wat ek en jy moet verstaan is dat ons hulp net van die Here afkomstig is. Ons moet net op Hom staat maak en nie op mense en aardse dinge. Ons hulp kom net van die God wat Hemel en Aarde gemaak het. Moet nooit vergeet God is groot. Hy is Almagtig. Hy kan meer doen as wat ons ooit kan aan dink.
Efesiërs 3 v 20
- Aan Hom wat deur Sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink.
Dink jy dat as Hy die Hemel en die Aarde geskep het, jou probleme te groot is vir Hom om op te los. Dink jy werklik dat enige iets te moeilik is vir God?
Jeremia 32 v 27
- Ek is die Here, die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?
Nee!!! Niks is onmoontlik vir die Here nie. Vertrou op die Here. Weet dat Hy al ons probleme, fisies en geestelik, alle uitdagings hoe klein of groot sal hanteer. Hy weet wat die beste vir ons is. Sy tyd is die regte tyd om jou te help met wat jy nodig het om verligting te bring.
Die Here sê vandag vir ons. Kom na My toe, ek is lief vir jou maak nie saak van jou verlede of uitdagings. Kom skuil by My sodat ek jou trane kan afvee. Ek is die Allerhoogste. Ek is in beheer van jou lewe. Moenie vertou op mense, kom skuil by My. Gee vandag al jou hartseer, probleme en uitdagings vir die Here. Vra Hom om in te gryp in jou lewe.
Hemelse Vader, my hulp kom net van U af. Here, hier is my lewe, neem my lewe in U hande en help my. U alleen ken my hart, my seer, my probleme en uitdagings. Van af vandag wil ek by U skuil. Dankie Vader dat U ons Verlosser, Raadgewer, Voorsienner, Waarmaker en Rigtingwyser is. Here, U is die kompas in my lewe. Ek hou my oë op U gevestig. Dankie vir U liefde, vrede en vreugde in my lewe. Laat my lamp helder skyn vir ander.
In Jesus Naam
Amen.