Efesiërs 5 v 15 & 16
- Wees baie versigtig hoe julle lewe nie soos oneverstandige mense nie, maar soos verstandiges.
- Maak die beste gebruik van elke gelleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.
Tyd is supper kosbaar, jy kan dit op mors of elke sekonde sinvol bestee. Hoeveel keer sê ons nie; jitte daar is nie genoeg tyd om als te doen. Daar is net genoeg tyd om te doen wat bitter noodsaaklik is vir die dag. Jy hol rond by die werk, vat hier en daar grond. Kom by die huis, begin skoon maak en al die klein goedjies wat jy moet doen. Jy beter gou maak want jy het ‘n baie belangrike afspraak “date night”. Voor jy jou oë uitvee is die dag verby en jy het die helfte van die goed nie gedoen wat jy voor beplan het.
In hierdie besige skedule van jou, het jy tyd gemaak vir God? Skuif jy God na agter want jy is net te besig. As jy slim beplan, kan jy soveel tyd spaar wat jy dan kan gebruik om in stilte nader aan God te beweeg. Geestelike boeke lees, luister na Praise en Worship musiek. In gebed verkeer met God, bid vir ‘n familie lid, geliefde, vriend of kennis wat gebed nodig het.
Jou tyd is bitter baie kosbaar, koop dit uit. Maak die beste van elke geleentheid sodat jy met die gebruik van jou tyd vir God kan verheerlik.
In Prediker 3 lees ons daar is vir elke ding sy vaste tyd.
Lees Prediker 3 v 1 – 17
Vers 1. Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd.
Daar is tyd vir alles. Wat ek nie kan verstaan is dat daar mense wat sê; hulle het nie tyd vir gemeenskap met God nie. Is dit werklik so, dat in hierdie sondige wêreld belangriker dinge is wat jou tyd verdien bo tyd saam met God. Daardie special tyd waarin ons kan deel in Sy liefde, vreugde en krag. As jy hierdie houding teenoor God het, dink weer. Grootste fout wat jy in jou lewe kan maak.
Raak vir 5min bietjie stil en dink. Jy sien die tyd en inspanning wat jy in gesit het om te kom waar jy is vandag en wat jy het, als wat jy het kom uit God se genade oor jou lewe. EN jy het nie tyd vir Hom nie. Dink weer en maak tyd vir die Allerhoogste.
Dit is so belangrik om tyd te maak en tyd te spandeur in gemeensakp met God. Hoeveel wonderlike seëninge hou dit nie in vir ons. Ons, is geskape volgens die beeld van God. Daar is een voorwaarde om al die seëninge te ontvang. Ons moet voldoenede tyd met God spandeur, sodat ons die lig en warmte kan ondervind wat van God af kom. Sodat ons deel kan hê van Sy Gees en Sy lewe. Die kern van Godsdiens lê in….. “TYD MET GOD”
Jy het nodig om tyd te maak vir God. Deur die woord te lees, leer ons Hom ken sodat Sy seën ons harte en lewens kan versterk. Maak tyd om die Bybel te lees en te bid. Dink oor wat jy gelees het. Vra die Heilige Gees om jou die nodige onderrig te gee oor dit wat jy gelees het. As jy nie moeiete doen om Bybel te lees en tyd te spandeur met God sodat Hy deur Sy woord kan spreek, hoe verwag jy dat die Heilige Gees jou die nodige leiding en onderrig kan gee. Dink na oor wat jy gelees het, glo dat die beloftes wat jy in die woord lees werlik kan word in jou lewe. Die woord van God en jou gebed sal jou hart in die regte stemming bring om werlik gemeensakp met God te hê.
Woorde van Dr Andrew Murray;
Tussen al die afleidings en versoekings van die wêreld, kan die lewe, liefde en Heiligheid wat van God uitstraal nie ons sin word nie, tensy ons aan God die tyd gee om Homself aan ons te opendbaar en om besit van ons harte te neem.
Van vandag af maak ek voldoende tyd om in gemeenskap met God te verkeer.
Hemelse Vader, U weet hoe besig is ek, hoe min tyd ek het om alles gedoen te kry. Help my om my dag so te beplan sodat ek voldoende tyd sal hê om aan U af te staan. Alles om my kan wag, U is belangrikker. Here, U is als wat ek nodig het. Heilige Gees van God, neem besit van my hart, gee my die nodige leiding en onderrig om diepper in die woord in te gaan en meer en meer van U te kan leer en oor te dra aan ander. Vader dankie vir U tyd, liefde, vrede en vreugde in my lewe.
In Jesus Naam
Amen.