Winter is soos ‘n droë donker seisoen in jou lewe. Alles vaal, droog en dood. In jou lewe gaan jy deur ‘n tyd wat dit vir jou voel of niks vir jou uit werk. Almal is teen jou en jy is niks werd. Almal ken die gevoel van magteloosheid, jou planne werk net nie uit nie. Niemand wil jou help nie. Jy weet nie meer watter kant toe nie. Jou omstandighede dryf jou na lelike dinge, jy dink om jou eie lewe te neem want dit sal beter wees vir die mense om jou want dan is hulle ontslae van jou.
Verkeerd, daar is vir jou hulp.
Psalm 121 v 1 & 2
1. Ek kyk op na die berge, waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2. My hulp kom van die Here wat Hemel en Aarde gemaak het.
Kom uit jou donker “winter”deel van jou lewe. Gee jou lewe ten volle oor aan die Here. Gaan in gebed en nader God dat Hy jou sal help om weer op te staan. Die Here weet wat het jy nodig in jou lewe en in watter rigting Hy jou lewe wil stuur. Glo my jou lewe gaan lyk soos ‘n lente tuin vol groen en die mooiste bloeisels. As God jou stuur in ‘n rigting en jou ‘n opdrag gee om iets te doen tot eer van Sy naam, moet jy nie vrees nie. God het ‘n belofte gemaak en Hy sal dit na kom.
Joshua 1 v 5.
5. Ek sal jou nie in die steek laat, jou nie verlaat nie.
Die Here is ons Helper, ek hoef nie te vrees nie. Plaas jou volle vertroue in die Here en Hy sal jou help met alles wat jy nodig het in jou lewe. Moet nooit verslap in jou geloof.
Proe God se genade oor jou lewe. Jesus is die ware voedsel van jou lewe. Hy kan jou lewe hand omkeer verander. God is die groot tuinier in jou lewe, hoe meer jy van Jesus se lewende water drink, hoe meer gaan jou lewe begin blom. Sorg dat jy God se tuin bly wandel. Ontvang daagliks God se genade gawes wat Hy oor jou uit stort.
Sefanja 3 v 17.
17. Die Here jou God is by jou. Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil tevrede in Sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.
God het ons as Sy Dissipels aan gestel om Sy genade gawes aan ander uit te deel. Wie is daar aan wie jy Sy genade gawes kan uit deel. Of hap jy as iemand jou nader vir hulp, staan jy stil en luister of jaag jy die persoon weg met ‘n skel woord of lelike kyk. God vra dat ons namens Hom na die persoon moet gaan en hom aanraak met iets positief. Jy weet nooit hy mag dalk wees waar jy was in jou winter tyd van jou lewe.
Wees die minste, wees bereid om te dien en op so manier God te dien. Maak gebruik van al jou hulp bronne om ander te help. Wees bereid om alles wat jy het ten volle te gebruik om ‘n sukses te kan wees vir ander. God sal aan hou om Sy genade gawes oor jou uit te stort.
Hebreërs 13 v 5 & 6
5. God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.
6. Daarom kan ons met vertroue sê: Die Here is my Helper, ek ken geen vrees nie, wat kan ‘n mens aan my doen.
Onthou, Genade, is nie genade as iemand hulle self moet bewys nie. Genade is onvoorwaardelik, onverdiend.
Bou mense op, moedig hulle aan met alles wat hul doen. Gee erkenning aan hulle, as hulle iets gedoen het vir jou of enige iemand anders, komplimenteer hulle. Deel jou ervaaring met sekere dinge wat in jou lewe gebeur het om hulle op so manier op te tel. Ons hoogste roeping is om mense met God te versoen. Help hulle om hul nuwe lewe in God te kry. Iemand wat God se genade proe, skep altyd moed. Kry hoop in nuwe lewe en verander hand om keer van binne na buite.
Psalm 16 v 11.
11. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit U hand kom net wat mooi is.
Hemelse Vader, ek dank U vir U liefde in my lewe. Dit is net U liefde wat my deur alles dra. Here, alles wat uit U hande oor my uit gestort word is mooi. Here maak my rustig, blok alle negatiewiteit en vul my met die Heilige Gees. Maak my ‘n lig en lamp vir ander. Laat ek my genade gawes kan uit deel aan ander. Laat ander kan proe hoe wonderlik is U liefdevolle genade gawes.
In Jesus Naam alleen.
Amen