Johannes 11 v 1 – 44
4. Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê; hierdie siekte sal nie op die dood uit loop nie maar op die openbaring van die mag van God sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.
41. Jesus het op gekyk boontoe en gesê; Vader Ek dank U dat U My verhoor het.
42. Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U my gesteur het.
Ons ken almal die verhaal van Jesus wat Lasarus uit die dood op gewek het. Mense het vir Jesus kom vertel dat Lasarus dood is. Hy het nog 2 dae langer geneem om te doen waarmee Hy besig was. Daarna eers gegaan waar Lasarus was. Jesus se tyd is die regte tyd. Hy wou seker gemaak het diemense glo dat Hy deur God gestuur is.
Wanneer hoor jy die Here se stem in jou lewe? Ons is so besig met ons daaglikse bestaan dat ons nie tyd het om die Here se stem te hoor. Jy jaag werk toe, jaag winkels toe. By die huis hol jy rond om skoon te maak, kos voor te berei en om almal gelukkig te hou. Jy maak tyd vir Gym/oefen, kuier saam met vriende, rustig te sit en eet saam vriende by ‘n braai of eetplek. Vanaand gaan jy huis toe, val op die bed neer dood moeg en dink by jou self; Jy sal more tyd maak om Bybel te lees. Sê ‘n minuut skiet gebed op net om jou gewete te sus. Maar more is weer net te besig om aan jou Bybel of Jesus te dink.
Grootste fout wat ons ooit kan maak, om te besig te wees vir Jesus. Hy is nooit te besig vir jou nie. Elke oggend maak Hy jou wakker, voorsien aan jou daaglikse benodighede sonder dat jy daarvoor vra. As jy tyd kan maak in jou besige bestaan om te oefen/gym, kuier saam vriende en en en, kan jy VERSEKER tyd maak en rustig raak in die teenwoordigheid van Jesus. Here maak my rustig sodat ek U stem kan hoor deur ‘n preek, online boodskap, mense, musiek, prentjie of self net ‘n sms.
Wat maak saak vir Jesus? Jy maak saak vir Jesus, al het jy hoer ver weg gedwaal is en bly Hy nog steeds lief vir jou en wil Hy hê jy moet terug keer na Hom en meer in Sy teenwwordigheid wees. Vat jou Bybel, maak hom oop, lees, bid en raak rustig.
Jou al self af gevra; Wat maak die Here opgewonde? Ek kan net imagine hoe Hy op en af spring van opgewondenheid as een van Sy verlore skape terug keer huis toe. Wanneer jy die wêreldse dinge afskud en meer en meer soos Jesus begin lewe. Ander mense nader trek na Hom. Jou medemens lief het en ander help waar jy moontlik kan.
Wat maak die Here hartseer? Hy sit met Sy hande in Sy hare en trane afvee wanneer jy negatiewe dinge oor jou self spreek en oor jou lewe bring. As jy toe laat dat die wêreldse dinge jou terug trek in ‘n donker gat weg van die Here af. Volhard in jou geloof en gee aan God die eer.
Hoe moet ek leer en onderskei wat regtig saak maak in die lewe? Dit is jou keuse om moeg gejaagd te wees. Op gestress te wees en jy gryp na die kalmeer pille en antidepresante. Dit is ‘n gejaagd na niks. Die wêreldse dinge kan jy nie saam vat Hemel toe nie Gee jou hart en lewe volkome oor aan die Here. Heer leer my U tempo. Maak my rustig en laat ek U stem hoor.
Die geheim is, wat maak jy as jy klaar Bybel gelees het. Keer jy terug na die gejaagdheid van die wêreld of raak jy rustig/stil en neem dit in wat jy gelees het.
Kom tot rus, loop Jesus se spoed. Jy sal die Here se stem hoor en Sy leiding deur die Heilige Gees ervaar en dinge sien gebeur in positieweteit in jou lewe.
Hemelse Vader, vergewe ons dat ons jaag na niks sonder U. Help ons om in pas te kom met Jesus. Wys vir my wat belangrik is vir U, wat U opgewonde maak. Laat die dinge wat U hartseer maak stop. Here, U is so goed vir ons. U ken elke een se omstandighede, voorsien aan elke een dit wat hul nodig het. Maak my rustig dat ek U stem kan hoor, U leiding en onderrig met ander kan deel.
In Jesus Naam
Amen