Matteus 8 v 23 – 27
- Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, klein gelowiges?
Ons almal ken die verhaal van Jesus wat die storm stil gemaak het. Ek kan myself net in dink wat het deur die Dissipels se koppe gegaan in die middel van die storm.
Dink almal van ons was al in so tipe storm in ons lewe gewees. Jy klou vas om bo die storm uit te kom maar niks werk uit nie. Jy verloor beheer en die vyand waai jou deur mekaar, jy sien geen oplossing nie. Voel of jou nood krete nie gehoor word. Jou gebede word nie beantwoord. Vra kom by jou op, slaap God? Het Hy van my vergeet? Hoekom laat Hy toe dat die dinge met my gebeur? Jy raak bang vir wat die toekoms vir jou inhou. Angs val jou toe. Kyk wat staan in ver 26: Waarom is julle bang klein gelowiges?
Die vyand laat die “storm”so groot om jou wees dat jy as gelowige bang word vir dit wat voorlê. Eish… ek laat my kop in skaamte sak omdat ek al in die storm van my lewe ook ‘n bang klein gelowige was. Ons weet nie waarheen God ons lei, ons raak bang en onseker oor nuwe dinge in jou lewe. God sal niks oor ons pad bring wat ons nie sal kan oorkom nie. Hoeveel keer in die Bybel sê Hy vir ons om nie bang te wees want Hy wag vir ons aan die einde van ons lewensreis. Ons moet Hom net vertrou. Die vyand met sy wêreldse dinge steel ons fokus weg van God en al die mooi wat God vir ons het. Die storms in ons lewens maak ons blind en doof vir al God se beloftes vir ons.
Ons glo in God die Vader wat Hemel en aarde gemaak het. Ons God is groter as al die storms in ons lewens. God slaap nie. Met Sy sagte liefdevolle stem kan Hy die storm in jou lewe stil maak. God sal nie dat die vyand jou bootjie laat sink nie. Ons moet net glo en vertrou dat God ons stroms sal stil maak. Hou jou oë gefokus op God en volhard in geloof deur al die storms in jou lewe. Hou vas aan God.
Jesaja 40 v 30 & 31
- Selfs jong manne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val.
- Maar die wat op die Here vertrou kry nuwe krag.
Die lewe loop snaakse draaie met jou, met als wat in jou lewe gebeur kan jy nie altyd staande bly. Hoekom Here moes ek deur die reis gaan, die seer en teleurstelling ervaar, gaan dinge ooit verander? Wanneer gaan ek ooit geluk in my lewe ervaar. Jy staan moeg en afgemat, kop onderste bo. Glo en Vertrou op ons Hemelse Vader, Hy sal vir jou nuwe krag gee. Hy is besig om ‘n baie mooi verhaal vir jou te skryf. Vertrou net op ons Berskermer, Redder, Raadgewer, Rigtingwyser en Geneesheer.
Jesaja 41 v 10 & 13
- Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie. Ek is jou God, Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
- Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou.
Hemelse Vader,vergewe my date k ookal ‘n klein gelowige was in die storms van my lewe. Al waai die storm winde van die vyand my in al die rigtings en al voel dit of my bootjie gaan sink sal ek nie bang wees nie. Met Jesaja 40 v 10 & 13 as belofte sal geen storm my onder kry. Vader dankie dat U altyd met ons is. Ons op help en red as ons struikel. Heer haal die onheil binne my uit wat die fokus(my oë) weg vat van U af. Vul my met die Heilige Gees sodat ek U stem en teenwoordigehid kan aanvoel. Gees van God help my om my oë gefokus te hou op God en volhard in my geloof in alle omstandighede. Here, U weet hoe ons lewens reis gaan eindig, lei my op die pad wat U vir my voorberei het. Vader ek dank U vir die mense wat U op my pad plaas, ek weet elkeen het ‘n doel in my lewensreis. Ek glo en vertrou ook U doel met die wat U verwyder het van my lewe. Dankie Heer vir die mooi wat U vir my lewe gee. Ek wil uitbundig U naam loof en prys.
Aan U naam kom al die lof en eer toe tot in alle ewigheid
In Jesus Naam dank ek U.
Amen.