Lukas 10 v 38 – 42.
- Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help.
- Maar die Here antwoord haar: Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge.
- maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weg geneem word nie.
Laat my terug dink aan my kinder jare van skottelgoed was en afdroog. Jy was erg bevoeterd as jy alles alleen moes doen en die ander een sit en ontspan. Marta die perfeksionis wou alles reg kry vir Jesus. Ek glo sy het rond gehol dat die sweet haar af tap. Hare wat in toutjies hang, gesig vol stof en sweet het sy seker voor Jesus gestaan en kla oor haar suster, Maria, wat haar nie wou help. Dink Jesus het die wind uit haar seile geslaan toe Hy met Sy verrassende antwoord gekom het: Maria het die beste deel gekies. Wens ek kon haar gesig sien.
In ons bedrywige lewe het ons bitter min tyd vir ons self. Dit het tyd geword dat ons moet gaan sit en dink oor wat ons doen. Ons spandeer soveel tyd in ‘n dag om seker te maak alles word gedoen en as jy klaar is, is jy dood moeg en kan nie ‘n oog oop hou nie. Ons is so besig dat ons nie tyd het vir Jesus nie. Ons bekommerd ons te veel oor wêreldse dinge dat ons die beste deel van ons lewe verby ons laat gaan.
Miskien het dit tyd geword dat ons tyd maak, om ook soos Maria, die beste deel te kan hê. Maak tyd om by Jesus se voete te sit. Jesus sê nooit Nee, Ek het nie nou tyd nie. Klok slag elke oggend maak Hy jou wakker. Hy beskerm ons daagliks teen gevare. Hy is die Groot Leermeester om ons te voorsien met die nodige leiding en onderrig. Nou hoekom kan ons nie tyd maak vir Jesus in ons besige dag nie. Jou dag moet begin en eindig met Jesus. Loof en prys Hom met alles wat jy aanpak deur die dag. Erken Hom is alles, goed en sleg. Hy is altyd by jou. My Stilte Tyd is belangriker as enige iets in my bedrywige dag.
Hemelse Vader, daar is soveel dinge wat my tyd in beslag neem en waaroor ek my bekommerd. In die Naam van Jesus Christus, Here bid ek, Vader help my om minder besig te wees en meer tyd aan U deur te bring. Blok alle negatiewe gedagtes en vul my met die Heilige Gees. Gee my die nodige leiding en onderrig, Vader dat ek U naam kan loof en prys. Ek wil U liefde hier binne my uit leef en vir ander kan wys hoe wonderlik is dit om ‘n kind van die Here te wees. U is die Alfa en die Omega, begin en die einde en alles daar tussen in. Alles gaan oor U en niks oor my. Vader ek dank U vir U genade wat U elke dag oor my uitstort. Wees my Rigtingwyser en lei my op die pad wat U vir my voorberei het.
In Jesus Naam, Amen.