Romeine 12 v 11
- Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Kan nie glo die 1ste maand van die jaar is al verby. Jitte mens maak ‘n lang lys vol dinge wat jy die jaar wil doen. Nie altyd menslik moontlik om by al die voornemings te hou nie. Dalk het jy al van die helfte van hulle vergeet. Nou wonder ek hoeveel van die voorneme is volhou tot dusver.
Die dag wanneer jy jou ou lewe agter laat en die nuwe lewe in God aanneem, het jy ook ‘n lang lys van dinge wat jy voor neem om te doen. Jy wil Jesus leer ken, Sy woord bestudeer, Jy wil geestelik groei en hom ywerig dien. Jy sluit by Bybelstudie groepe aan, jy mis nie een Kerk byeenkoms. Jy ontdek die gawe om te bid en om met die Here te gesels.
Openbaring 3 v 16.
- Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.
Met die yuand en sy wêreldse aanloklikheid neem die geestelike toewyding en geesdrif af. Maak seker dit gebeur nie met jou nie. God hou nie van lou Christene nie. Raak stil en gaan sit en dink oor jou lewe, Hoe dien jy die Here? Is jy warm of koud of dalk iets tussen in? Het jou geesdrif af geneem om God te dien soos in die begin toe jy jou lewe oor gegee het? Bly ‘n warm Christen, volhard in jou geloof. Moenie die vyand kans gee om jou weg te lok. Maak daagliks tyd vir stilte saam die Here. Deur jou dag, bid tot die Here, gesels met Hom en vertel hoe jou dag verloop. Met als wat jy aanpak stel God 1ste. Doen jou dag taak soos Jesus dit sou doen, met groot liefde en nederigheid.
1 Petrus 2 v 21.
- Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg.
Met Jesus se lewe op aarde het Hy volhard om Sy Vader te dien. Hy het volhard en Sy diens op aarde aan almal gewy. Hy is die Beste voorbeeld wat jy ooit sal kry oor hoe om jou lewe te lei. Volhard in jou geloof, doen gereeld Bybelstudie, gaan in gebed, saai Jesus se liefde na buite, vertel en wys ander van Jesus se goeie dade. Volg Jesus se voetspore.
Filipense 2 v 2 – 4.
- Maak dan nou my blydskap volkome deur eengesind te wees, een in liefde, een van hart, een in strewe
- Moet niks uit selfsug of eensug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoer ag as himself.
- Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie maar ook aan die van ander.
Die dag toe God vir jou en my geskape het, het Hy met blydskap in Sy hart gesê: Hierdie is my kind, kosbaar en gevul met liefde. As jy neer sien op ander en hul met selfsug behandel laat jy die blydskap wat God van jou het verdwyn. Bly nederig soos wat Jesus was. Leef in liefde met mekaar. Tel mekaar op en wees diensbaar in die naam van Jesus Christus. Bring blydskap terug na God deur om nederig en vol liefde met ander te leef.
2 Korintiërs 5 v 17 & 18
- Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby en die nuwe het gekom.
- Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van versoening te vertrou.
Jy is nuut gemaak toe jy jou lewe oor gegge het aan God. Toe hy jou op getel het waar jy stukkend en verwaarloos gelê het, het Hy al die seer weg gevat en jou weer mooi heel gemaak en jou gevul met Sy liefde. Hy het vir jou ‘n spesifieke doel gegee, ‘n taak wat jy vir God hier op aarde moet doen. Moenie terug kyk en vasklou aan die verlede, kyk na die toekoms, streef na die nuwe wat God vir jou gee. Kies elke dag om die regte pad te stap wat jy doen. Gaan in gebed enige tyd van die dag en praat met God vra Hom die nodige wysheid, leiding en onderrig. Laat die Heilige Gees in jou, jou dag bestuur. Raak stil en luister na Sy stem. Jy is veilig met die Heilige Gees se leiding in jou lewe.
2 Korintiërs 1 v 3 & 4.
- Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid uitkoms gee.
- In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde moediging waarmee God ons bemoedig.
Watse verantwoordlikheid het jy teenoor die Here? Ons almal het een of ander tyd in ons lewens gekom waar ons gesê het: Ek kan nie meer, moed op gegee. Soos ons as gelowiges bemoediging kry in die woord dat God altyd daar is en ons nooit alleen sal los, ons altyd sal by staan in alle omstandighede. Moet ons ook doen aan ander. Ander se hand vat en sê: Moenie moed op gee. God is lief vir jou maak nie saak wat jy deur gaan in jou lewe/ hy is mey jou, met elke tree wat jy gee stap Hy saam met jou.
Johannes 14 v 13 & 14.
- Wat julle ookal in my Naam vra, al Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.
- As julle my iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
Gaan in gebed met die persoon. Vra vir die Here leiding om die persoon by te staan. As jy iets in Jesus se Naam vra, sal Hy dit doen. God se tyd id ei regte tyd en Hy sal voorsien wat jy nodig het.
Hemelse Vader, ek kom voor U en vra vergewe my as ek my geesdrif entoewyding aan U verslap het. Vader help my om te volhard in my geloof, om meer en meer van U in te neem en die doel wat U vir my het ten volle uit te leef. Dankie Heer vir die leiding, onderrig en beskerming van die Heilige Gees hier binne my. Laat my nederig bly en ander met Jesus liefde hier binne my bystaan Vader, laat my lewe ‘n getuienes wees van U liefde, vrede en vreugde in my. Mag ander Jesus liefde binne my raaksien in alles wat ek doen en sê. Gee my die nodige wysheid Heer om ander om my te bemoedig met U beloftes in U woord, dat U altyd daar is in alle omstandighede. Dat U ons sal optel met U regter hand, die seer sal weg vat en ons weer heel maak. Vader aan U kom al die lof en eer toe. Ek wil U dank vir al die genade gawes wat U in my lewe vir my gee. Ek wil U prys vir al U wonderwerke, Here U is so goed vir my.
Aan U Naam kom al die lof en eer toe tot in alle ewigheid.
In Jesus Naam dank ek U.
Amen.
Ps. God is liefde. Hy het jou lief nes jy is. Gee jou oor aan Hom. Laat Hy jou nuut maak.
Dankie Heer vir U liefde.